DIE MAATSKAPPY
Radio Pretoria is in 1993 as ‘n
Artikel 21 Maatskappy gestig met die doel om in diens van sy teikengehoor
te staan. Radio Pretoria is dus nie ingestel op winsbejag nie, maar
is ‘n gemeenskapsradio wat gelisensieer is om die Boere-Afrikaner
gemeenskap te bedien. Persone wat belangstel om lede van die Maatskappy
te word kan op die voorgeskrewe vorm aansoek doen.
ONS IS TROTS OP ONS ADVERTEERDERS! |
TAAL
Radio Pretoria se eerste goedgekeurde aansoek om ‘n
uitsaailisensie het bepaal dat die Radio slegs in Afrikaans mag uitsaai.
Sedertdien is die Radio alombekend as ‘n kampvegter vir die handhawing
en uitbouing van die Afrikaanse taal. Slegs Standaard-Afrikaans word
in die bedryf gebruik.
DIENSLEWERING
WOORD EN KLANK WINKEL:
Radio
Pretoria lewer verskillende dienste aan sy teikengehoor. In sy “Woord
en Klank” winkel is daar talle laserplate van verskillende
kunstenaars beskikbaar teen bekostigbare pryse, terwyl ‘n
wye reeks boeke van verskillende skrywers en onderwerpe ook beskikbaar
is. Dit kan telefonies of per e-pos bestel word. |
|
STUDIELENINGS:
Radio Pretoria stel ook studielenings beskikbaar aan sy luistergehoor,
veral aan minder gegoede mense uit die teikengehoor, in diè mate
wat die Studiefonds dit toelaat.
NAVORSING:
Radio Pretoria se uitsendings is gerig om aan die behoeftes
van sy teikengehoor te voldoen en Radio Pretoria doen daarom deurlopend
navorsing in hierdie verband. Dit maak die Radio besonder gewild aangesien
daar deurlopende kontak is met luisteraars nie net om professioneel
op te tree nie, maar ook om ‘n verskeidenheid programme aan te
bied wat in verskillende ouderdomsgroepe, geslag en selfs die gestremdes
se behoeftes aanspreek.
OPLEIDING:
Daarbenewens bied Radio Pretoria professionele opleiding aan medewerkers
wat behulpsaam is op verskillende terreine. Hierdie opleiding is nie
net verrykend nie, maar maak die Radio uniek in sy verskeidenheid van
programme en aanbieders.
PROGRAMME
Radio Pretoria se dagskedules word van
tyd tot tyd hersien en opgradeer nadat programkonferensies gehou is waarby
die gemeenskap betrek word. ‘n
Volledige programrooster is elders op die webtuiste beskikbaar. Programme
word sodanig saamgestel dat dit nuuswaardighede bevat en aktueel is.
Opvoedkundige programme asook ligte vermaak en teikengehoor-gedrewe
musiek word deurgaans aangebied.
ADVERTENSIE-SUKSESSE
Radio Pretoria het reeds bekendheid verwerf met sy advertensies wat
uitgesaai word. Die volgende voorbeelde spreek vanself:
 |
“Promosiegesprekke” wat wissel van eenvoudige
tuindienste tot gesofistikeerde restourante. |
 |
“Bel & Bestel”-programme het reeds opslae gemaak;
dit wissel van versekering en beleggings tot allerlei handelsware
oor ‘n wye spektrum. |
 |
Kettingwinkels, bankiers en nywerhede adverteer gereeld en deurlopend. |
 |
Internasionale saketransaksies word beklink
vanweë advertensies
by Radio Pretoria. Dit is moontlik deur satelliet- en internetuitsendings
wat wyd hoorbaar is. |
 |
Suid-Afrikaners wat in die buiteland is, luister
gereeld na Radio Pretoria. ‘n Onafhanklike instansie wat
navorsing gedoen het, het bevind dat Radio Pretoria meer as 30%
van sy binnelandse luisteraars bereik deur middel van satelliet-
uitsendings. |
 |
Die buitelandse luistergehoor word beraam op sowat 200 000 mense.
Hierdie syfer is egter moeilik bepaalbaar weens die feit dat hulle
in verskillende lande woonagtig is. |
 |
Alle uitsendings deur Radio Pretoria word in
Standaard-Afrikaans gedoen omdat dit in sy lisensie as voorwaarde
ingeskryf is. Radio Pretoria kan gehoor word: |
| a |
Deur middel van aardstasies waarvan die frekwensies
elders aangedui word. |
| b |
Radio Pretoria kan ook per satelliet-skottel gehoor word
in Afrika, suid van die ewenaar, sowel as in die grootste deel
van Europa. Die voetspoor is hierby ingevoeg. |
| c |
Radio Pretoria is ook per internet wêreldwyd hoorbaar
- kyk elders op die webwerf. |
|
BEFONDSING
Radio Pretoria word bedryf met inkomste wat hoofsaaklik
uit drie bronne afkomstig is, naamlik: |
| a |
ADVERTENSIES EN BORGSKAPPE |
| |
 |
Die Radio doen navorsing om te verseker dat advertensies
maksimum voordele inhou vir adverteerders. |
| |
 |
Daar is talle voorbeelde van adverteerders wat erken dat advertensies
via Radio Pretoria verreweg die beste resultate lewer. Een van
die mees lonendste advertensie-metodes is die bekende “Bel
en Bestel”-metode waarvoor Radio Pretoria nou reeds alombekend
geword het. |
| |
 |
Radio Pretoria is ook bevoorreg om talle adverteerders te huisves
wat bepaalde programme se uitsendings borg. Dit stel Radio Pretoria
in staat om hom deurlopend te beywer vir die verbetering van sy gehalte. |
| |
 |
Die advertensie-tariewe is uiters bekostigbaar
en ook van die mees voordeligste tariewe in die uitsaaiwese. |
| |
 |
Verskillende advertensietarief-pakkette is beskikbaar vir elke
besondere geval. |
| b |
VERKOPE |
| |
Die Radio se “Woord en Klank Winkel” stel ‘n
wye verskeidenheid boeke, laserskywe en bande beskikbaar aan die
koperspubliek. Opnames van programme word daagliks aan luisteraars
gestuur en die aanvraag neem maandeliks toe. |
| c |
DONASIES |
| |
|
Sonder ons luisteraars se maandelikse bydraes sou die Radio
nie al die dienste kon lewer wat reeds beskikbaar is nie. Donasies
word op verskillende maniere ontvang waarvan die belangrikste is: |
| |
i |
Debietorders |
| |
ii |
Skenkings en bemakings |
| |
iii |
Vasbyt-projek |
| |
|
“Vasbyt” is reeds bekend by al ons luisteraars.
Een keer per jaar word daar geleentheid gebied om skenkings
te doen deur middel van inbel-programme wat spesiaal gehou word vir
hierdie doel. Hierdie gewilde program het al tot R1 miljoen vir ‘n
bepaalde jaar gelewer wat ook dui op die lojaliteit van die luisteraars. |
LOOPBAAN
 |
Alhoewel Radio Pretoria
nog in sy kinderskoene is na byna 17 jaar in die uitsaaiwese,
beskik hy oor ‘n
permanente personeel wat nie net goed gekwalifiseer is nie, maar
ook oor die nodige kundigheid beskik om die Radio tot groot hoogtes
te lei. Die samestelling is sodanig dat indiens-opleiding
deurlopend aandag geniet om ons doeltreffende funksionering verder
te verhoog.
Van die bekendste Afrikaanse omroepers en aanbieders in die land
is in diens van Radio Pretoria, waarvan ‘n aantal sedert die
beginjare reeds by die Radio werksaam is. |
Die Maatskappy is trots
op sy personeel en die feit dat die personeel-omset laag is, bevestig
nie net hul aangename werks-omstandighede
nie, maar ook hul lojaliteit. |
TEIKENGEHOOR
Radio Pretoria is gelisensieer om die Boere-Afrikaner
te bedien. Te midde hiervan is Radio Pretoria bevoorreg om ‘n groot
aantal Engelstalige luisteraars te bedien waarvan talle ook gereelde
donateurs is. Sy teikengehoor woon en werk oral in die land, selfs in lande
buite die grense van Afrika. Met die hulp van die moderne tegnologie
word daardie deel van die teikengehoor deur middel van satelliet en Internet-uitsendings
bereik.
MUSIEK
Die Radio bied ‘n wye verskeidenheid aan om
in die behoeftes van sy teikengehoor te voldoen. Die Radio doen
moeite om nuwe opkomende kunstenaars se werk te bevorder en stel
hulle werk deurlopend bekend aan luisteraars. Die Radio konsentreer
veral op die plaaslike kunstenaars wat hul werk in Afrikaans aanbied. |
 |
RAAD VAN DIREKTEURE
Radio Pretoria (Art 21 Maatskappy) word
beheer volgens die bepalings van die Maatskappywet. Die Radio beskik
oor uitgelese mans en dames wat verkies is tot sy Direksie. Jaarliks,
tydens die Algemene Jaarvergadering, word direkteure op ‘n rotasie-basis
demokraties verkies deur die lede van die Maatskappy.
AANWENDING VAN
TEGNOLOGIE
 |
Alhoewel die Radio bepaalde beperkings het as ‘n
Artikel 21 Maatskappy en diens lewer as ‘n gemeenskapsradio
wat aangewys is op eie befondsing, streef die Radio daarna om die
jongste tegnologiese hulpmiddele aan te wend tot voordeel van sy
luisteraars en adverteerders.
Afgesien van die satelliet-uitsendings wat per skottel en ook
per rekenaar gedoen word, is ‘n elektroniese beheerstelsel
in werking gestel wat ‘n aangename luistertyd bied van ons
deurnag-uitsendings.
Dit beteken dat sekere uitsendings gedoen word sonder enige bemanning
in die uitsaai-ateljee. Die Radio doen ook navorsing oor die moontlikheid
om ‘n toestel te bekom wat in voertuie gebruik kan word om
na satellietuitsendings oor te skakel. |
SO ONDERSTEUN U ONS EIE RADIO
Radio Pretoria bedank ons luisteraars vir hul pragtige en deurlopende
ondersteuning
U kan op meer as een manier u ondersteuning gee:
1 Teken ’n
debietorder en stuur dit aan Radio Pretoria –
(Kyk elders op
ons webblad om ’n afskrif te bekom)
2 U kan ’n
direkte inbetaling doen op ons bankrekening
(kyk elders om
ons bankbesonderhede te kry)
3 U kan ook per
OTM ’n maandelikse betaling maak.
(elders op
die webblad word gegewens gegee)
4 Indien u ’n
sakeonderneming bedryf, kan u by Radio Pretoria adverteer
Skakel ons
kantoor of stuur ’n e-pos vir meer besonderhede
(ons kontak
besonderhede is op die webblad)
Na bo
|