| Druk hierdie bladsy
Radio Pretoria se Satelliet-uitsending
Satelliet-ontvangs
Inhoudsopgawe
1 Ontvangs-gebied
Radio Pretoria se satelliet-uitsending kan ontvang word in die meeste lande in Afrika.
Ontvangs is ook moontlik in 'n groot deel van Europa.
Na bo
2 Dekodeerders geskik vir Radio Pretoria ontvangs
• Multichoice™ DSD 645, 660, 720, 720i, 910, 933, 990, 1110 en 1131
• Multichoice DualView 820
• Multichoice SD PVR
• VIVID™ (Alle modelle)
• Manhattan DigiPlaza™, Modak™, Elsat™
Die handelsmerke is die eiendom van die geregistreerde eienaars
Slegs prosedures vir die instel van Multichoice™ dekodeerders is op hierdie webwerf beskikbaar.
Na bo
3 Dekodeerders nie geskik vir die ontvang van publieke stasies nie
- Multichoice HD PVR'e
Dit nie moontlik om publieke stasies met enige van die Multichoice HD PVR'e (Pace, UEC en 2P) te ontvang nie.
Na bo
4 Die ontvang van publieke stasies met 'n HD PVR geïnstalleer
Daar is verskeie moontlikhede om publieke stasies te ontvang nadat 'n HD PVR geïnstalleer is. Ons noem 'n paar:
- Die goedkoopste is om 'n / u ou Multichoice dekodeerder in werkende toestand aan 'n geskikte LNB te koppel. Die beste tyd om dit te doen is waarskynlik wanneer die PVR geïnstalleer word. Sien die instruksies vir die Koppel van 'n radio vir oorwegings rakende LNB's en satellietskottels.
Geen deurlopende kostes is betrokke as u slegs publieke stasies met die ou dekodeerder wil ontvang nie.
- Gebruik 'n 1131 of 1110 dekodeerder saam met 'n HD PVR in 'n XtraView-opstelling. 'n Opstelling met 'n "Twin LNB" en 'n 8-weg multi-skakelaar in die skottel word benodig.
- 'n Ander moontlikheid met 'n XtraView opstelling is om 'n tweede skottel met 'n enkel LNB vir 'n 1130 of 1110 dekodeerder te installeer (as daar reeds 'n "quad" LNB in die eerste skottel is).
Sien die DStv-webwerf vir inligting in verband met XtraView opstellings.
-
'n Vivid dekodeerder met sy eie skottel en / of LNB kan onafhanklik van DStv gebruik word.
In al bogenoemde gevalle sou dit waarskynlik die "gerieflikste" wees om 'n tweede TV-stel te gebruik.
Na bo
5 Kommentaar en Voorstelle
Konstruktiewe kommentaar en voorstelle vir verbeteringe aan die prosedures word verwelkom en kan gerig word aan
intchdyn by gmail punt com
(sonder die spasies tussenin en met "by" en "punt" vervang met die toepaslike simbole).
Na bo |