Probleme met die klank?
Klik hier!

Lewendig op die Net:

Windows Media

Ander Spelers

Luister met selfoon

Radio Frekwensies:

Kleinfontein
104.2
Greylingstad
107.6
Newcastle
104.5
Ermelo
104.0
Thabazimbi
103.7
Brits
106.6
Naboomspruit
92.2
Koster
107.5
Tzaneen
96.6
Pietersburg
100.0
Nylstroom
100.6

Wenke vir beter ontvangs

 

Werfkaart

 

 

 

WEL EN WEË
BY RADIO PRETORIA
ONS MENSE
KORT OOMBLIKKE
STAALTJIES

Musiek vir almal
Die goedheid self
Ek sal bid!

'n Vrou duisend

 

Die koerantverkoopstertjie
Bedelaar
Die juwelier

Dit is hoe dit moet wees
Die vriendelike Jood

 

Musiek vir almal

Die Radio Pretoria personeel is bewus daarvan dat sekere musiek nie gespeel mag word nie. Musiek word vooraf gekeur en dit vergemaklik die situasie sodat foute baie selde insluip.

Maar wat doen jy as die volgende gebeur:

’n Pragtige snit word op gepaste tyd gespeel – iets uit die opera-wêreld. Dit word opgevolg deur ’n paar ligte klassieke nommers uit ’n operette.

Dit is toe dat een luisteraar skakel en vra dat ons tog moet ophou om die “heidense musiek” te speel.

Op ’n vraag wat ons dan moet aanbied, kom die antwoord: “Man, speel egte boeremusiek van Chris Blignaut of iets van Elvis!”

Intussen skakel vier of vyf ander luisteraars en betuig hul dank vir die mooi musiek wat gespeel word, (verwysende na dieselfde program) met die opmerking dat hulle dankbaar is daar word nie net boeremusiek gespeel nie.

Nouja, van Chris Blignaut se boeremusiek tot by Beethoven – musiek word  ondersteun!

.............................................................................................

Die goedheid self!

Tydens Vasbyt skakel luisteraars na die ateljee en maak finansiële skenkings.

Tussendeur word die program met vrolike musiek en humor aangevul om die program lewendig te hou.

Om mense aan te moedig word daar in die uitsaai-ateljee humoristies gevra dat iemand tog geld moet skenk sodat een personeellid sy kantoor kan verf.

Snaaks genoeg – toe skakel die luisteraars so vinnig dat die Vasbyt personeel kwalik kan byhou om al die oproepe te beantwoord.

Ai, die luisteraars van Radio Pretoria is werklik uniek en die goedheid self.

.............................................................................................

Ek sal bid!

Tydens Vasbyt is daar elke Saterdag ’n mikpunt wat bereik moet word.
Een geliefde luisteraar skakel in – want die mikpunt is nog nie bereik nie en vra: “Hoeveel kort julle nog vir vanaand?”
“Vyfduisend Tannie”
“O, my kind ek het nie so baie nie – ek sal bid daarvoor!”
Onnodig om te sê, tien minute later was daar deur ander luisteraars meer as vyfduisend Rand geskenk!

Na bo

 

 

'n Vrou duisend

Sy kom hier ingestap, afgerem deur jare se swaarkry. Die klere wat sy aanhet verslete, maar dit is skoon en plek-plek gestop, netjies soos wat ’n sorgsame vrou dit doen met die middele tot haar beskikking.

“Meneer, het u nie vir my werk nie. Ek is nie geleerd nie, maar ek kan afstof, en ek kan vloere was, en die ruite sal skoon bly en ek sal elke dag hier wees vir wat gedoen moet word. Ek wil net genoeg verdien om my kind elke dag skool toe te stuur – met kos in sy maag.”

Ek weifel – en toe onthou ek. Sy is soos my eie ma, iemand wat nie terug deins vir die swaar van die lewe nie, iemand wat trots is en nie wil bakhand staan nie.

Toe ek vir haar noem hoeveel ons haar sal betaal, toe loop die trane vrylik……

“Dankie Meneer, ek begin sommer vandag nog…”

Na bo

 

(Mikro-sketse uit die lewe van Reinhart de Vos)

Die koerantverkoopstertjie

Vandat ek maar kon onthou, was sy daar. Elke Sondag-oggend. Sy staan by die ingang tot ons sekerheidsdorp in Verwoerdburg en verkoop die Sondag-koerant. Altyd netjies. Sy kon ‘n beter lewe gehad het.  Baie keer as ek van die kerk af kom, dan hou ek stil. Ek gee vir haar tien rand. Sy gee vir my die koerant. Ek lees dit nie want dit ontstig my hele Sondag. Altyd vriendelik. “Baie dankie meneer”. Een Sondag vra sy my: “Meneer, is mevrou siek want jy is vandag alleen". “Ja, sy voel nie vandag goed nie".

Hierdie Sondag ry ek verby.  In my truspieëltjie sien ek hoe sy my agterna staar.  Later besluit ek om tog maar die koerant te gaan haal. “Meneer, dit is dalk die laaste keer wat ek hier staan. As dit nie vandag die laaste dag is nie, dan volgende Sondag. My man het werk gekry in Durban. Hy gaan more met die bus. As hy blyplek vir my en my seuntjie gekry het, dan gaan ons nog hierdie week af.... Meneer, may God bless you”.

Ek hoop sy is volgende Sondag nog daar.......dat ek haar naam kan vra.

.............................................................................................

Bedelaar

Blank en Afrikaans staan hy bakhand by die verkeerslig in Charlesstraat. "Meneer", spreek ek hom hoflik aan, "ek moet hierdie biljette by die universiteit se hekke gaan uitdeel. Kan jy my kom help?"

Hy: "Hoeveel?"
Ek: "Honderd rand".
Hy: "Hoelank?"
Ek: "Totdat dit op is. Dalk 'n uur of só".

Hy kyk anderpad.....

.............................................................................................

Die juwelier

Haar horlosie van 25 jaar het die gees gegee. Ek soek ‘n nuwe in Verwoerdburgstad.
In Status Juweliers staan drie vroue agter toonkaste, arms oor die bors, strak en suur. Ek dra ou klere.
Ek dink aan kleintyd op die plaas:

Gang af na die juwelier neffens die hoek:
“Goeiedag Meneer”, met onmiskenbare aksent.
Haar oë lag; ons siele ontmoet...
“Ek soek ‘n horlosie …… ‘n spesiale geleentheid”.
“Seker, kom laat ek u wys…. As sy nie daarvan hou nie, dan ruil ons dit vir ‘n ander”.
Omruil sal sy dit beslis. Twee dae later is ek terug….

 

Na bo

 

 

Dit is hoe dit moet wees

Toe die veertienjarige een oggend op pad kafee toe stap om koffie te koop met die R2-00 wat sy ma gegee het, was dit koud en nat, en sy klere deurdrenk.

Uiteindelik kom hy tuis, en sy ma trap hom deeglik uit omdat hy so lank geneem het om die eenvoudige takie te verrig. Onder haar tong moes hy deurloop want in daardie huis heers uiterste dissipline – want, so is geglo, om arm aan lewensmiddele te wees, is nie ’n verskoning tot ongedissiplineerdheid nie.

En toe kom die klein verhaal: “Ma, op pad na die kafee sien ek ’n papier wapper teen ’n  heining, en toe ek nader gaan, merk ek dit is ’n R10-00 noot. Ek het rondgekyk of dit nie dalk iemand s’n is nie, dit opgetel en na Dominee gegaan om te verneem wat my te doen staan…..”

“En wat was sy advies?” het haar stem, nou ietwat minder bytend gekom.

“Ma, hy sê toe ‘Optel goed is eie goed’ en ek moet daarmee maak wat ek wil. Toe gee ek dit vir dominee en sê die Kerk het dit nodiger as ons”.

“Is dit hoekom jy so lank weggebly het?”

Ja Ma, maar toe gebeur daar nog iets. Die Oom wat destyds so kwaad was vir Pa oor die hond, kom toe in die kafee net toe ek besig is om die tannie te betaal vir die pakkie koffie. Die Oom het my dadelik herken, en ek weet nie hoekom nie, maar die Oom gee my toe hierdie R50-00 en sê ek moet vir my iets koop wat lekker is!”

“En toe - wat koop jy toe?”

Nee Ma, toe koop ek net die koffie en kom huis toe – hier is die geld, Ma het dit meer nodig as ek…….”

Na bo

.............................................................................................

Vriendelike Jood

Koos kom op Keimoes aan, moeg gery daar vanaf Carnarvon se wêreld, en stap die winkel in wat aan die Jood behoort. Na ’n kort bekendstelling vra die Jood: “Is jy nie Koos die perdeteler nie?”

Koos knik instemmend.

“Ek soek ’n baie goeie perd – kan jy my help?”

Die Jood betaal dadelik die gevraagde R1000-00 met die ooreenkoms dat Koos die perd met die trein sal stuur.

By die huis aangekom, vind Koos die perd dood in die stal. Wat nou gemaak? Hy laai die dooie perd op sy bakkie, ry spoorwegstasie toe, praat mooi met die stasiemeester en laai die dooie perd vir die Jood.

Drie maande gaan verby – geen klagte van die Jood nie. Koos voel skuldig, bel die Jood en verneem hoe dit gaan met die perd. Die Jood beduie dat die perd dood aangekom het op Keimoes.

“Moet ek die geld vir jou terugstuur?” vra Koos.

“Nee, dis nie nodig nie – ek het by die kerkbasaar kaartjies verkoop teen R2-00 stuk en meer as ’n 1000 kaartjies verkoop”.

“Was die wenner nie ontevrede met die dooie perd as prys nie?

“Ja, maar ek het sy R2-00 terug gegee”.

Na bo

 
 

Webwerf deur Ontoweb Media en Inligtingsdienste