Probleme met die klank?
Klik hier!

Lewendig op die Net:

Windows Media

Ander Spelers

Luister met selfoon

Radio Frekwensies:

Kleinfontein
104.2
Greylingstad
107.6
Newcastle
104.5
Ermelo
104.0
Thabazimbi
103.7
Brits
106.6
Naboomspruit
92.2
Koster
107.5
Tzaneen
96.6
Pietersburg
100.0
Nylstroom
100.6

Wenke vir beter ontvangs

 

Werfkaart

 

 

 

 

 

PROJEKTE 2010

 

Radio Pretoria het reeds begin met ’n aantal nuwe projekte. Omdat die Radio se teikengehoor die Boere-Afrikaners is, het hy bepaalde voorkeure ter ondersteuning van sy luistergehoor.

Vanaf Aprilmaand word Afrikaanse skole betrek in die program “In die Kollig” wat elke Maandag en Donderdag aangebied word. Skoolhoofde, leerlingrade, sport- en akademiese presteerders kry hier die geleentheid om hul skool en ander aktiwiteite aan die luisteraars bekend te stel.
In die tweede helfte van April word Radio Pretoria gesien by die Jakaranda Kunstefees wat in Pretoria gehou word. Indien jy die fees bywoon mag jy nie nalaat om ons stalletjie te besoek nie.
Teen die einde van April 2010 word die Radio Pretoria Godsdienskomitee bymekaar getrek om vir die eerste keer in sestien jaar gesellig saam te verkeer – hulle verdien dit!
Op Saterdag 1 Mei 2010 hou ons weer Vasbyt Fondsinsameling. Ons wil poog om vanjaar ’n rekord bedrag te in waarvan een deel van die skenkings in die Radio Pretoria Gebeurlikheidsfonds gestort sal word.
Gedurende Mei 2010 sal die Radio ook sterk na vore tree op die Nasionale Motorskou by die Swartkops Renbaan. Kom maak gerus daar ’n draai en besoek ons by die uitsaaisentrum.
Intussen is Vasbyt tydskrif se jongste uitgawe reeds in die pos na die intekenare. Indien jy nog nie ’n intekenaar is nie, dan kan jy die fout regstel. Skakel Radio Pretoria en vra dat iemand jou moet help om ’n intekenaar te word.

 

 
     

Webwerf deur Ontoweb Media en Inligtingsdienste