Tuisbladsy
Nuus
Programskedule
Wie is Ons
Personeel
Woord en Klank Winkel
Satelliet
Kontak ons

 

Probleme met die klank?
Klik hier!

Lewendig op die Net

Luister hier as jou rekenaar nie bg ondersteun nie.


Luister met jou
selfoon.
Klik hier

Radio Frekwensies

Kleinfontein
104.2
Greylingstad
107.6
Newcastle
104.5
Ermelo
104.0
Thabazimbi
103.7
Nelspruit
100.5
Lichtenburg
92.6
Brits
106.6
Naboomspruit
92.2
Koster
107.5
Tzaneen
96.6
Pietersburg
100.0
Nylstroom
100.6

Wenke vir beter ontvangs

 


 
Kom besoek ons gerus. Ons GPS koördinate is S25° 41" 13.7' E28° 13" 50.6'

____________________________________________________________

Satelliet instelling vir
DSD 1110(+2) dekodeerder nou hier beskikbaar.

____________________________________________________________

VASBYT TYDSKRIF

VASBYT – SOMER 2009 – NO 8

Die lywige Somer uitgawe is propvol lees en kykgenot.

Ontmoet omroeper Tienie Mans, en ons ander mense. Kyk en geniet die foto’s van ons luisteraars, en as jy wil rondkrap, doen dit in die skatkis.

Daar is blokraai wengeleenthede, en die dames kan sien hoe ’n tafel gedek kan word terwyl die spanning in jou verdwyn.

As jy nog nie ingeteken het nie, skakel gerus vir Betsie Kok by Radio Pretoria, sodat jy kan deel in die mooi dinge van die lewe.


Wat doen ons?

Heel dikwels word die vraag gestel: Wat doen ons as volk om onsself in hierdie woeste land te handhaaf? Dit is ’n billike vraag, en dit is nodig dat volksgenote van tyd tot tyd voorraad opname doen oor sy eie werksaamhede, sy strewes en ideale.

In die afgelope jaar het talle nuwe inisiatiewe na vore gekom. Hierin het Radio Pretoria ’n beduidende rol vervul om daardie inisiatiewe tot sukses te lei. Sonder die ywer en offervaardige handelinge van ons volksgenote, sou daar niks nuuts op die horison vir hierdie volk in slawerny verskyn het nie.

Gedurende die tweede helfte van verlede jaar het ’n paar gemotiveerde volksgenote bymekaar gekom en gesprekke gevoer oor die toenemende verarming van ons volk. Daardie gesprekke was die eerste tree om die Oranje Sake Instituut te vestig, met die noodwendige opvolg aksie van Oranje Sakekamers wat die een na die ander in 2009 tot stand gekom het. Die eerste Oranje Sakekamer is in Pretoria gestig, en heel gou het ander sakekamers elders in die land opgespring.

Voortvloeiend hieruit het die volgende logiese stap gevolg. Oranjekas, ons volk se eie koöperatiewe Bank kom tot stand. Binne maande na die stigting het dit duidelik geword dat die Bank, wat ’n lang gekoesterde ideaal is, tydig en met groot entoesiasme en oorgawe ondersteun sou word. Volksgenote oor die lengte en breedte van ons land het begin navraag doen, en Oranjekas word, soos Radio Pretoria, ’n simbool van verset en eendragtige optrede om ons volk ook op ekonomiese terrein te hervestig.

Radio Pretoria roep derhalwe ons volksgenote oor die wêreld om ons volk se eie strukture hier te lande te begin ondersteun. Maak ’n begin deur Oranjekas te ondersteun. Koop aandele in ons Bank, maak minstens ’n spaarrekening oop, en help daarmee om hierdie klein volk weer ’n vaste staanplek te gee in die finansiële wêreld.

In die maande wat voor is, sal aandag gegee word aan verdere ontwikkeling van ons volk se ekonomiese strukture. Die Afrikanervolk beskik oor die vermoëns om selfversorgend te wees, en daardie selfversorging beteken dat ons ons swaar verdiende inkomste sodanig moet aanwend dat dit nie in die hand van die vreemdeling val nie.

Uiteindelik sal ons op ekonomiese gebied ons volk moet versorg, wat meebring dat werksgeleenthede geskep moet word, dat volksgenote die nodige opleiding en kundigheid moet kry sodat ons die toekoms kan ingaan met die vaste vertroue dat finansiële druk afgeweer is.

Dit is wat ons doen – en daarmee gaan ons voort om ons volk se selfrespek, hul trots en waardigheid terug te bring na die vlak wat dit altyd was. Die sukses hiervan is deels in jou, wat nou hier lees, se hande. Niemand gaan iets vir die Afrikanervolk doen nie – ’n volk red homself !

Die volk se stryd om vryheid

Menige Afrikaner, en in besonder die Boere-Afrikaners, neem deel aan die stryd om selfbeskikking te herwin. Dit is nie ’n apartheidstryd nie, dit is ’n stryd om te wees soos die ander beskaafde volke van die wêreld, waar elkeen sy eie begrensde grondgebied besit, regeer, bewoon en bewerk.

Om dit werklikheid te maak, is ’n moeisame pad. Die verskillende opsies wat bestaan het elkeen besondere voordele, maar waarskynlik ook besondere nadele. Ten einde selfbeskikking te verwesenlik, is daar oor ’n lang tydperk ernstig besin deur verskillende strukture en organisasies.

Een van die opsies word van die mees aanvaarbare handelinge beskou – nie net deur volksgenote nie, maar ook deur die internasionale gemeenskap. Dit is die Reg op Selfbeskikking soos vervat in die besluite van die Verenigde Nasies.

Die Volksraad Verkiesings Kommissie stel hom ten doel om hierdie opsie te gebruik om ons volk op demokratiese wyse tot ’n volkstemming te lei waar volksverteenwoordigers aangewys word om uitvoering te gee aan die prosesse wat uiteindelike selfbeskikking kan bied.

Radio Pretoria is verantwoordelik om saam met die VVK in hierdie prosesse deel te neem deur die boodskap van deelname oor te dra aan elkeen wat glo dat Afrikaners weer ’n vrye volk behoort te wees.

As jy hiermee eens is, dan word jy vriendelik versoek om kontak te maak met die verteenwoordigers van die VVK, sodat jy geregistreer kan word as kieser om deel te neem aan ’n volkseie verkiesing.

Kontak die VVK by telefoon nommer 012- 803 0712  of stuur ’n e-pos aan info@vvk.co.za en gee daarmee die eerste tree tot volksvryheid.
 
Jy kan ook per slakkepos kontak maak:  VVK, Posbus35133,  Menlopark 0102

Satelliet Uitsendings

Radio Pretoria is bewus daarvan dat die kanale vir TV ontvangs vanaf 1 Mei 2008 verander. Een van die belangrikste verandering waarvan “satelliet-” of “skottel-” luisteraars moet kennis neem, is die verandering wat dit meebring vir die instelling van TV toestelle om na radio Pretoria te luister.

U kan die probleem regstel deur die nuwe instruksies, hoe om u TV in te stel, vanaf die webblad af te trek onder die hoof : Satelliet.

 

 

 

Volksraad
Verkiesings
Kommissie

(Klik hier)

 

Teengif vir slangbyt

U het waarskynlik verneem van die gesprek wat gevoer is met Mnr. Arno Naude oor teengif vir slangbyt. U kan besonderhede kry oor die belangrike onderwerp deur Mnr. Naude te skakel by 083 739 9303.

Teken vandag nog in op Radio Pretoria se glanstydskrif VASBYT

Telefoonnommers:
Kantoor:012 5430120
Ateljee: 012 5433037

Bankbesonderhede:
Bank: ABSA
Rekeningnr:
090-148-524
Takkode:
33 46 45

 


 

 

Herkoutjie

'n Mens kyk 'n honderd keer, ja 'n duisend keer, voordat 'n mens eers werklik sien.

 

 

 

 

 
Missie van Radio Pretoria

 

Om die samehorigheid van Boere-Afrikaners te versterk en die handhawing en uitbouing van die volksidentiteit te bevorder, deur radio-uitsendings aan diegene wat toegewyd is aan die behoud van:

Sy Protestants-Christelike herkoms en Wes-Europese taal en kultuur-erfenis, wat hom onderskei van ander Afrika-kulture, d.w.s. sy Westerse eiesoortigheid in Afrika, ook ten dienste van sy buurvolke in Afrika.

Die unieke merktekens van sy groei uit Afrikagrond wat hom van ander Westerse kulture onderskei, dit is, sy Boere-Afrikaner-identiteit in die wêreld.

Die vryheids- en selfbeskikkingselemente van sy kultuur, wat oor 350 jaar in Afrika gegroei het, wat internasionaal bekend is, en wat vir hom wêreldwyd agting afgedwing het.

Afrikaners wat hulle met bogemelde vereenselwig is Boere-Afrikaners. Hulle trek duidelike grense tussen beproefde waardes en degraderende verskynsels van populêre maar verbygaande aard.

 

 

 

 


_________________________________________________________________________________________

Webwerf ontwerp, ontwikkeling en huisvesting
http://www.ontowebmedia.co.za Tel: 012 6585060